Stories by John Dangoumou on Medium
Verbeel jou jy is ŉ jong onderwyser, pas getroud met ŉ jong onderwyseres en julle gesamentlike inkomste is bitter min. Julle grootste gevegte gaan oor jou vriende wat kwansuis eerste kom, die min geld wat julle vir luxuries oor het en dan suip jy, volgens haar, nog enige potensiële oorskot ook uit. Ja swaar tye wat ons almal geken het.
Johann, of Johnny Spamer soos ons hom ken, het een aand so na rugby juis met ŉ vriend net ŉ vinnige draai by die Randfontein se rugbyklub gaan maak. Wat sal hy en vriend Lambert ontdek toe hulle by die kroeg inloer? ŉ Skenking van 40 gevriesde hoenders vir vanaand se veerpyltjie kompetisie. Alle wenners van die volgende twintig 501 wedstryde neem twee hoenders huis toe.
Johann was nogal lus vir so ŉ laaste ou brandewyntjie en wat enige pasgetroude man kan oorkom, geheueverlies, oorval hom toe ook. Hy vergeet van Lorna, en sy boksers by die huis en hy en Lammies begin die manne en die brandewyn aanvat. Johann sê hy het in sy lewe nie so goed darts gespeel nie. Hy sê hulle wen die een pot na ŉ ander en die hoenders stroom in. Toe hy uiteindelik van Lorna onthou sien hy al die kos wat hy vir die volgende maande verdien het en hoop sy goeie dade sal die paar Klipdriffies uitkanselleer.
Hy en Lammies stap, effe aangeklam, maar heel trots met ses gevriesde hoenders elk by die voordeur in. Lorna is toe nie haar vrolike self nie en toe die hoenders as losprys aangebied word, raak sy heel befok. Kyk sy het al elke verskoning in die boek gehoor maar die hoendergrap was die kersie op die koek.
Lammies wat tradisioneel stadiger as Johann gehardloop het sê hy was vyf tree agter Johann toe Lorna die eerste hoender, kophoogte, lanseer. Die hoender het pas sy hare deurmekaar geraps toe hoor hy die suis geluid van die tweede missiel. Op die stadium was hy al tien tree voor Johann by die deur uit. Hy hoor net hout kraak soos ŉ hoender die deur tref. Johann sê, “fok ou John om nuwe hoender missiele te dodge, honde te skop wat die buit steel en die ander hoenders wat volspoed aangevlieg kom met een hand op te raap, is te veel gevra, selfs vir ŉ begaafde atleet soos ek.”
“Ou John, Lorna gooi daai sesde gevriesde hoender so hard dat hy gaar was teen die tyd wat hy verby ons koppe gekom het.”
Die pyn in my voet het sonder waarskuwing ontstaan. My vyande se oë het opgehelder en onmiddellik is die groot “G” woord in die gange gefluister. Na Dr. Schalk egter bevestig het dat ek nog “Gout”-vry is, ry ek daar weg met ŉ tevrede glimlag op my gesig. Ek sit ingedagte by die verkeerslig en dink dat die rooiwyn my tog nog beskore is, toe ek die vreemdste ding sien gebeur.
In gietende reën wag ek om regs in Nick Diedericks te draai. Voor my was ŉ motor, en voor hom was ŉ klein swart motortjie met ŉ groot rooi en skewe L op die agterruit geplak. Ek gewaar ŉ perd op ŉ Vespa Scooter so 200m van bo af aankom, oop en toe, oop en toe. Geklee in ŉ nat T-Hempie, ŉ nylon swembroek wat tot by die knieë kom, surfer plakkies en ŉ bitter ou full face helmet. Die helm het net ŉ gat waar die voorste ruitjie moes wees. Sopnat, met sy nekkie so ingetrek kom daai man volspoed aan. Ek sien dat die swart karretjie met die rooi L op die agterruit, stadig voor hom begin indraai. Ek besef daar en dan hier kom moeilikheid. My beperkte kennis van driehoeksmeetkunde gee my toe wel ŉ redelike idee waar ons Vesparuiter na die slag gaan land.
Die Vespaman se oë rek groot en hy klim desperaat op sy flou toetertjie. Die toetertjie klink soos ŉ speelgoedtrein se fluit. Ek vermoed net die Vesparuiter het daai toeter gehoor. Ek sien die ruiter se oë rek nog groter, maar hy boet nie regtig spoed in nie. Toe gebeur alles in stadige aksie. Die swart karretjie korrigeer sy neus na links, maar dit is te laat. Ons Vespaman trek op daai oomblik die voorste rem en die Vespa knak soos ŉ Rooibokram wat geskiet is. Die ruiter klim daar, teen so 50km per uur, van sy tuig af. Hy gaan sit op sy boude, trek sy knieë netjies op na sy bors toe, en in die “skuur posisie” gly hy oor die verkeerslig op sy gat en die nat pad. Hy en sy Vespa gly in gelid, langs mekaar in die selfde rigting en dit wil voorkom of hulle skelm vir mekaar loer om in pas te bly. Hulle skuur kalm by al die verbaasde motoriste verby, oor die kruising, sonder om bane te verwissel.
Dit het kompleet gelyk of hy dit elke middag vyfuur doen. Ek het rondgekyk of ek nie Schuster se kameras iewers gewaar nie. Sy Vespa het later tot stilstand gekom, maar nie baie skade opgedoen nie. Na die ridder se rit van 150 meter verby is, spring hy op en hardloop terug kruising toe. Ek wou nog vir hom skree hy moet pasop want dis seker die skok wat hom nou beet het, toe hy in die kruising buk en sy foon optel. Hy draf haastig terug Vespa toe, pluk hom regop en klim op. Hy kick start sy ponie nonchalant en ry voort — mission accomplished.
Ek en al die motoriste was lam van die skok, maar heel tevrede dat die man nie beseer was nie en oor die gratis vermaak wat hy verskaf het.
Ek vermoed toe Boeta tuis kom het hy reguit by sy ma gaan buk.
“Ma trek net my onderbroek uit my hol uit asseblief”
Ma: “Ag here Boeta het jy weer gaan skuur?
Seuns wat in die sestiger jare in Pretoria groot geword het, sal ‘n paar dinge onthou. Die Capital bioscope met die sterretjies in die dak, Sunnyside arkade se sagte roomys met ŉ flake in, rowwe meisies by Arcadia se ysskaatsbaan en Frik du Preez.
Daar was nie televisie nie dus het jy Noord Transvaal naweke op Loftus of in die bewerige SA mirror / SA spieël voorprent by die rolprentvertonings gesien. Die sport insetsels was amper vir my ŉ groter hoogtepunt as die Kandidaat of Dirkie self.
Die klimaks vir enige Bloubul ondersteuner was om een van die spelers te kon ontmoet en dalk ŉ handtekening te kon kry. Ek onthou nog goed hoe my pa soms aangekondig het dat Piet Uys of Chris Luther vandag in sy winkel was. Om Frik du Preez te ontmoet het, was soos om te sterf en Hemel toe te gaan. As die Bulle of die Bokke so by daai tonnel uitdraf het, het ek as kind baie gewonder of die mense so tekere sou gaan as Jesus daar uitgeloop het?
Saterdae was ŉ vasgestelde roetine in die Dangoumou huishouding. Pa en ma kom half twee van die werk af en ons eet mash en boerewors, met warm Hatfield bakkery brood, spring in die Morris en jaag die nege kilometer Loftus toe. Klub, provinsiaal of internasionaal, maar op Loftus sou ons wees.
Ek onthou Carltonbeker weeksdae wedstryde wat daar 15 000 of meer toeskouers was om Tukkies (Pretoria Universiteit) en Bobbies (Polisie) te sien speel. Ek onthou die dag toe die tydelike paviljoene ineengestort het. Dit was na ŉ toets teen Australië. Ons het juis vroeër geloop en was op die einste B veld toe ek die onaardse dreuning hoor. En ek onthou die dag op Loftus toe Frik geplace, gedrop en gescore het. Die skare het by die tonnel vir seker nog ŉ uur geskree Frikkie Frikkie en as ek reg onthou het hy uit die kleedkamer gekom om dankie te sê.
ŉ Hoogtepunt vir my was om klubrugby by die B- en C velde te gaan kyk, wat min gebeur het aangesien die goeie wedstryde op Loftus se hoofveld plaas gevind het.
Een so besonderse dag speel Weermag teen Likkewane (Gevangenisdiens) op die B veld. My held, Frik du Preez, is kaptein van Weermag en teen die verwagtinge in is die Likkewane teen die einde van die wedstryd met ŉ punt of twee voor. Weermag kry ‘n strafskop in hulle eie gebied maar die tyd is verstreke. Pale toe skop of tik en hardloop was die opsies. Frik vat daai leer Super Springbok so in die een hand vas en wys in die rigting van die pale. Ek en my pa staan seker agt tree van hom af en kon duidelik die gesprek hoor. “Pale toe” sê Frik. “Daar is nie tyd vir place nie” sê die skeidsregter. “Dan drop ek maar” sê Frik. Dit was moer ver om die minste te sê en agt meter van die kantlyn, dus feitlik onmoontlik. Frik trap vas en drop die bal net net oor die dwarslat. Weermag wen en die mense storm weer op hulle held af. Vir my wat so ses jaar oud was, was alles natuurlik meer oorweldiggend en het alles verder en groter gelyk as vir die grootmense, maar ek sal die dag nooit vergeet nie.
Baie jare later het ek self die voorreg gehad om op die Wanderers se krieketveld (die Nuwe Ellispark was in aanbou) teen ŉ span van Pretoria te speel, en wie stap in ons kleedkamer in, Frik du Preez wat die spanbestuurder of keurder was. Ek het gedog ek droom en toe hy nogal sê “wel dan boys julle het mooi gespeel” en ons “loosies” ŉ kompliment gee, was ek in ŉ ander wêreld. Nog baie jare het verloop en Frik word speler van die eeu.
So gebeur dit dat ek betrokke raak by ŉ avontuursentrum naby Rustenburg en Frik tree af op ŉ plaas net oorkant ons onderneming. Frik en Bes word toe oorgenooi en ons kuier baie lekker saam met ons nuwe buurmense.
Na so paar rooiwyne vertel ek hom van daai drop. Ek vra hom of hy die wedstryd kon onthou? “Ja” sê Frik. Ek sê “jis ou Frik toe drop jy hom van die kwartlyn af oor” “Nee” sê Frik dit was die tien treë stippellyn. “Nee” sê ek teleurgesteld, “dit was die kwartlyn, ek was daar.” Frik vererg hom so effens en sê “My donner man, wie het die bal geskop? Ek sê jou dit was die tien treë stippellyn”
“Jis” sê ek verontwaardig. “Ek het seker die storie al vir tweehonderd mense vertel en vir almal gesê dit was die kwartlyn. “ Dit is jou probleem” sê Frik
Ons kuier toe maar verder tot laatnag.
Die volgende oggend stuur ek ŉ sms om Frik en sy vrou, Bes, te bedank vir die kuier. Frik stuur toe sms terug. “Skinder nou net oor jou, vat hom maar kwartlyn toe!”